WELKOM BY WILRATRUST!
Ek, as oud bankbestuurder, finansiële- beplanner en adviseur wat strek oor ‘n periode van ± 40 jaar, het baie geleer oor die totale spektrum van finansiële inligting en behoeftes wat die individu het.
Daar word globaal na die individu se totale behoeftes gekyk asook onwaarskynlikhede wat ‘n persoon se lewe kan verwoes. Daar is “rillers”wat daagliks gebeur en slaggate wat voorkom kan word.
“Hy wat nie vra nie, het niks, nie eers ‘n JA of ‘n NEE nie.”
“IS JY VOORBEREID om DIE EMOSIONELE en FINANSIëLE PROBLEME die hoof te bied wanneer ‘n persoon, hoe oud ookal te sterwe kom?”
- Kostes-
- Belasting-
- Boedel-
- Trust-
- Testament-
- Belegging- en Aftreebeplanning
- Benoeming van begunstigdes
“Kennis, ondervinding, ervaring, insig en respek kan nie gekoop word nie.”
Ek en Raché het sedert 1991 skouer aan skouer gewerk. Deur middel van seminare, omsendskrywes, artikels wat geskryf is en radiopraatjies oor RSG is soveel mense gehelp om ‘n berekende besluit te neem om toekomstige kostes te bespaar. Duisende rande is bespaar deur net die regte testament te beplan. Soveel soos R1,600,000 is bespaar deur net die ouers se testament korrek te skryf.
Verskeie kort videos is gemaak om meer inligting te voorsien om ‘n berekende besluit te kan maak. Ons het in elke afdeling persoonlik gewerk en kan ons jou met RAAD EN DAAD bystaan.
Voorsien aan ons die gevraagde inligting en ons kan jou help. Neem aksie en voorkom ‘n groot teleurstelling. “Moenie die wat agterbly met nog groter probleme nalaat nie!”. Ons kan help!
Ons hoor graag van jou.
Vriendelike groete
WILLIE BURGER
HONS. B.COM, IQA.
Geakkrediteerde Finansiële Adviseur en Beplanner
“Laat ons toe om jou te help met ‘n rustige en beplande finansiële môre.”
Produkte en dienste
Kliek op die blou knoppie om die video te speel
Kostebeplanning
Besluite wat jy neem om jou boedel te vergroot, het 'n direkte invloed op die eksekuteurskoste, boedelbelasting asook kapitaalwinsbelasting wat na jou dood betaalbaar gaan wees. Deur 'n totale finansiële beplanning te doen, kan jy baie kostes bespaar. Kapitaalwinsbelasting (KWB) gee vir individu baie probleme en raak net meer en meer.
Boedelbeplanning
Die grootte van jou en jou gade se boedel bepaal hoeveel eksekuteurskoste, boedelbelasting asook kapitaalwinsbelasting eendag betaalbaar gaan wees. Om die kontant te bepaal wat by afsterwe betaalbaar gaan wees, moet ‘n volledige boedelbeplanning vir beide man en vrou, gedoen word. Kostes kan beperk word deur nou te besef wat die implikasies kan wees en regstellings aan te bring.
Belastingbeplanning
Jou jaarlikse inkomste- en kapitaalwinsbelasting kan verminder word deur die belastingwette tot jou voordeel toe te pas. 'n Verdeling van sekere inkomstes tussen verskeie persone, bring aansienlike belastingbesparings mee.
Trustbeplanning
Wetswysigings, het die voortbestaan van familietrusts beïnvloed. Testamentêre trusts het meer na vore getree as ‘n hulpmiddel om ordelike erfopvolging moontlik te maak.
Testamentbeplanning
'n Testament gee uitvoering aan jou wilsbesluit. Benewens die feit dat dit jou laaste wil en wens is, bepaal jou testament, hoeveel kostes betaalbaar is en die hoeveelheid probleme wat jy vir jou familie agterlaat. Doelwit: Ordelike erfopvolging.
Belegging- en Aftreebeplanning
Slegs nadat die voorafgaande beplannings gedoen is, kan jy jou beleggingsbesluite neem. Die plasing van jou beleggings, in jou naam, in jou vrou se naam óf in die familietrust se naam, bepaal waar belasting betaalbaar gaan wees. 'n Allesomvattende beplanning vir jou en jou gesin, is uiters noodsaaklik. Dit verskaf selftevredenheid en gemoedsrus. Hoe meer jy maandeliks of per enkelbedrag vir aftrede voorsien, hoe groter is jou aftree-inkomste.
Benoeming van Begunstigdes
Die benoeming van 'n begunstigde op jou groeplewens en ander bates is iets wat nie ligtelik opgeneem kan word nie.
Daar is onder andere die volgende keuses:
- maak jou gade / kinders die begunstigde(s)
- maak jou familietrust/testamentêre trust die begunstigde
- bepaal dat die groeplewens aan jou boedel uitbetaal word
wat ons kliënte sê
Voorwaar 'n plesier om julle boeke te doen. Jou werk is jou passie en daarom jou sukses. 'n Voorbeeld vir ons jonger manne.
Mens pluk vreugde en geluk uit ander se sukses. Jou krag kom van die regte plek. Lekker om saam met jou te kan werk. Geluk en voorspoed!
Ons doen al sedert 2006 met Willie en Raché besigheid. Hulle jarelange diens, raad en ondersteuning met trusts, testamente en beleggings getuig nie net van uitgebreide finansiële kennis nie maar ook van hulle integriteit en toewyding. Hulle doen hulle werk met passie en opregtheid en hulle is altyd beskikbaar vir raad en advies.
My oorlede ma het op gevorderde ouderdom (85jr) by Willie en Raché aangeklop.
Haar kommentaar was “hierdie mense weet wat hul doen”. Professioneel in alle
opsigte. As dit by dienslewering kom; aanpasbaar by elkeen se besondere behoeftes. As mense is die waardes van respek, eerlikheid, meelewendheid en hulpvaardigheid uitstaande kenmerke. Ek ervaar gemoedsrus in die dienste wat hul lewer.Corné Rossouw, (Kliënt sedert 2010)
Personeel en aandeelhouers
"Ons verkoop 40 jaar plus se kennis, ervaring, ondervinding en gemoedsrus aan ons kliente
en spaar vir hulle baie kostes."
KONTAK ONS
Adres: Dorpstraat 11, Knopiesfabriek, Paarl, 7646
Landlyn: (021) 870 1050
Selnommer: 081 325 9498
Epos: admin@wilratrust.co.za
Kopiereg 2023 | Wilratrust (Pty) Ltd | Vrywaring
Maatskappy registrasie nommer [2019/061778/07]